Spore
Spore
Soos op seesand, stap sy stadig tree vir tree, spore in my hart.
Omgee vir haar naaste, gee sy altyd haar laaste.
Swaar het sy gedra aan die laste van die wêreld.
Niemand het dit ooit geweet, die wat wel, wou hulle nie aan haar meet.
Die see is waar sy vrede vind, die son is haar bron van krag. So loop sy haar lewe dag vir dag.
Vrou sonder naam, jou goue spore wil ek so graag raam, hier diep in my hart, daar waar jy nes kom skop.
Vir altyd sal ek jou onthou, die vrou wat plan beraam. Uithou, aanhou en steeds God dank vir jou bestaan.
Jou spore diep getrap, los ñ merk hier in my hart.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.