
Karoohart
die Karoo is yskoud
en die stof lê stil dood
groot klippe trek ronde
silwer swart koppe
en die klippies lê kuiken
die skaapdraad is
kitaar stram gesnaar
skape staan bondel styf
teen die bitter koue
terwyl vliegtuie strepe trek
vannag gaan die harte
van harde baard en kinders
in knus kobbel huisies
van die kaal Karoo
brand warm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.