Manna en Kwartels
agter die uitgebreekte vensterrame
sementvloer waaruit onkruid groei
waar ‘n deur eens was
daar staan groen bome
wát wuif in die wind,
“kom uit, kom uit – bring jou hangmat,
ons is jou skuiling
en snags
wys ons vir jou sterre
konstilasies
plekke van vrede
én kom die winter
vra ons die maribu
n snoes-kombers
matras van vere
duiwe en tarentale
én kos van God
manna en kwartels
“kom net uit!”
(labri ©)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.