
Dis Dorpsaand
Dis Dorpsaand
Vanaand wil ek dans
as die sonnetjie sak
ek het die week gans
té hard gewerk en geswoeg
Pak op dis dorpsaand en einde
van die maand vir groceries koop
onthou die inkopiesakke en
moenie die naweek se papsak vergeet!
Die pad is tweespoor en baie sinkplaat
en die kar ‘n rammelkas dis tandeklap
maar die teerpad is daar voorkant, so
hier is ons, tel nou spoed op en laat gly!
O, maar dis té lekker!
Ek ry nou in my maai weg
van die trekker se geploeg en gesaai
want vanaand wil ek lekker loslit net
die riel dans, dans en aanhou dans
as die sonnetjie sak en vergeet van
laste en sorge by ghitaar se ritmiese tokkel
en konsertina se gehuil en vrolikheid
O, net maar dans, dans , dans, alles
net weg dans!
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.