Jongste aktiwiteit:

Ballerina in ‘n boks

Hoog op die rak
blink ‘n soewernier
in reënboog spikkels
teen die muur.
Die juweelkis
met son versier.
Jy herhinner jou
aan onthou
en rek op om
die memorabelia
vas te hou .
Draai die slinger
16 keer monotoon,
blaas die stof
volbors skoon.
Jy vou haar verhoog oop
in allegro vivace.
Juwele aan haar voete
‘n fluweel dak, haar gordyn.

Jy het Sproetjies betower
en hier kom stoor,
haar hart verower
ver weg van haar gehoor.
Maar met tyd
het sy haar glimlag verloor,
selfs met grasieeuse ballet
kon sy jou nie bekoor.

Die pirouette word
‘n dolendo draai,
sy eindig haar dans
met lacrimoso swaai.
Haar opwen hart gebreek,
die parte raar – antiek.
Sy het uit die boks geglip,
ontsnap-sonder haar musiek.

Jy kan luister en onthou,
maar jou musiek boks
Staan nou leeg –sonder vrou.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed