Jongste aktiwiteit:

Quo Vadis

Quo Vadis

Die swerwers op ons strate en
hoofpaaie laat jou wonder
Quo Vadis?
Waarheen is jy op pad
ewig soekend van dorp tot dorp
want die rus is altyd elders—
Boemelaar,
bondeldraer,
eens het jy ook die sagte arms
van die liefde geken, maar nou is jy
van alles, ook menswaardigheid gestroop—
Maar
in jou eie hart sit jy ook weerloos en
kaalgestroop van jou kosbaarste aardse
besitting want sy uurglas het leeggeloop
en jy is van jou liefde beroof gelos met
‘n boemelaar hart nou dwaal jy swerfling
soekend, rigtingloos rond in jou eie
hartstrate en wonder hulpeloos oor
die alleenpad verder die toekoms in,
Quo Vadis?

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed