Vallende siekte
Help, met die duiwel besete
is ‘n siel, strydend en verlate,
wat reik na die verste sterre;
aanvaar asseblief sy gebede.
Hulle kom altyd soos diewe
in die nag om lewe se wagte
weg te drywe, en die nette
te sprei, vir hel en sy pyne.
Maar in die donker, en gebede
vir redding bring sewe engele,
– met hulle wapens van genade –
en ‘n rede om te veg teen vrese.
In daardie laaste oomblikke,
en met die laaste ervaringe
is die laaste struikelblokke
die ewige wuiwende geeste.
Vreemde gesigte, starende,
na die aanslag van geeste
van vrees uit die duistere
bring weereens die vrede.
Daar is geen meer stemme,
daar is ‘n onbekende kalmte
van die ewig klaende winde
met die belofte van die lewe.
03/11/2016 © C. du Plessis
Vallende siekte (of Epilepsie) is
‘n vreeslike gesig om te aanskou.
Dit boesem vrees in by mense,
‘n vrees wat hulle nie kan verwerk
nie. Ongelukkig is daar nie kennis
in die gemeenskap wat dit betref nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Met die duiwel besete... In die (nie alte verre) verlede nie, het mense min of glad niks van ons geneeskundige kennis gehad nie. Hulle het alle moontlike kwaad aan duiwels en allerhand goeie eienskappe aan engele toegeskryf. Vandag nog is dit 'n ,helse kwaal' en die verlossing is iets ,hemels'. Dis nie te betwyfel nie, en hy wat soiets beleef het (slegs as toeskouer by iemand anders) leer gou die begrippe verstaan. Daar kan jy net bid. 'n Aaklike tema baie goed weergegee. Nie mooi nie maar goed. Dankie. GvT