Jongste aktiwiteit:

Tyd vir uitsorteer #silwer

Tyd vir uitsorteer

Agter toe deure
stamp en stoot hul verbete:
wie gaan bly
en wie gaan ry.

Opgerol in houers
lê die broekklouers.
Hulle is sterk
werk in enige seisoen
en kan met enige styl versoen.

Eenkant en alleen
hang hulle en ween
die wat weet
daar is van hulle vergeet.
hulle is nooit gedra
daar was iets wat pla.

Dan is daar sy wat uitstaan
sy sal moet gaan
haar geel wil net nie pas
by enigiets in die kas.

Die gunstelinge hang trots:
daar’s niks wat met hul bots.
Swart, rooi of blou
vir elke geleentheid getrou.
Winter en somer hang hul saam
binne ‘n standvastige raam.

Op die stoel
buite die kas se gewoel,
lê ‘n truitjie dun en verweer.
Dit was haar laaste keer.

Christa Diederiks ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed