Jongste aktiwiteit:

Ken jy my

Ken jy my?

Deur: Ryno du Plessis

Jy luister na die klanke,

maar hoor geen woorde.

Tussen lyne vertel ek jou my storie;

my hart sing van glorie,

ook smart wat niemand mag hoor nie.

Donkerte wat skree,

hier in my kop se tronk.

Tog wys ek jou waar woorde lewe;

gebreke maak van my en jou gekke.

Woorde is jou speelplek,

vir my is dit ’n blyplek.

Kies hul wys, maak my tuis.

Sou jy selfs net die lirieke voel,

was daar dalk ’n doel.

Sit eerder terug op jou stoel;

hier verwerk ek my gevoel.

Net as jy wil, luister weer —

dalk verstaan jy wat ek bedoel.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed