Jongste aktiwiteit:

Kaas en wyn

Kaas en Wyn

Deur: Ryno du Plessis

Jy hou van kaas en wyn, ek dink meer van die wyn.

Dit verbloem jou diepe pyn.

Daar is so ’n dun lyn, min kan dit lees, jy wens dit kon jy wees.

Jou briewe praat van pyn, geskryf met net te veel wyn.

Jou tong gly oor elke mens, jy plaas jouself iewers in ’n wens.

Weggestoot, probeer jy ander ontbloot.

Opregte woorde word gekoop, joune is gedoop tussen kaas en wyn.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed