metgesel (Goud)
mag daar ‘n kas wees vir elke mens
heel hul lewe deur
en mag daar wees vir elke mens
een met geleefde rakke
‘n vergeelde binnespieël
en ‘n ellelange, voosgeleesde seëngebed
reg uit die Bybel, daarlangs
mag die binneruimtes van elke kas
die hartsgeheime van sy mens vashou
en daaroor waak nadat dit daagliks geprewel is
só met die aan en-uittrek
mag daar ‘n kas wees vir elke mens
een met ‘n skeutjie mensreuk
toevertroude hartsdinge en aards’goed-heiligheid
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026
3 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir MAART 2026 – HERFS/KAS projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Wow werklik besonders, uit die boks gedink.