Trots Zuid-Afrikaans
Brons
“Trots Zuid-Afrikaans”
Lande kruis en dwars gereis
Deur Suide, Oos en Noord
En telke male vind ek my
ek mis veral my huis…
Jou huis is waar jou hart is
en my hart is in mý land!
Zuid-Afrika my hart klop
sag op die maat van die polsslag in jou hand.
Jou melodie’s verslawend,
Jou Groot Vyf sing die bas,
Jou Erfenis sing die tenoor
En in jou Kaapse draaie roep die bosveldwinde sag
Trots Zuid-Afrikaners dans op witgekalkte Bloedgrond
Van Vryheids veg en Anglo oorloë
Die Exodus – die Groot Trek
Volksspele op die oorwiningskreet wat strome uit jou mond.
“Ons vir jou Suid-Afrika”
Die Langenhofen koor –
‘n man trots Suid-Afrikaans
Wat uit die blou van onse hemel sy stem nog steeds laat hoor!
Suid-Afrika jou melodie galm deur my wese
Geen katedraal van goud of Mona Lisa moment
Kan die lig wat jy op my pad bring ooit uitdoof!
“Trots Zuid-Afrikaans” bly ewigdeur my leuse!
(Met eervolle vermelding aan C. J. Langehoven – “Die Stem van Suid-Afrika)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek