handeling
teen my duin op
tot oor die kruin
deur strooisel wit skulpe
oor skulpdierhuisies
wat borrelend verdwyn
op die harde, natsand
wat asem haal in vog
blinkwit wolke weerkaats
teen verwoede golwe
wat diep opduik
uit turkoois
blou see
wat ver
agter
blougrys
horison
begin
daar
swewe
my
gees
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.