geroesmoes
om weer nuut te maak
om uit verandering te lewe
uit geroesmoes weer op te staan
weereens stil te word op jou knieë
voor jou Skepper se genade-hande
lewe vierkantig in die oë te kyk
steeds hoër te streef
na vlakke van gees
waar emosie
trane en bewe
nie tuishoort
net vrede
geluk
en
ewigheid
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.