my Afrikaans…(Goud)
ek bring vir jou verse, ek dig vir jou
in die diep skadu van die groot geeste
…Fagan en Langenhoven
Leipoldt, Marais, et al…
doen ek my deel
my stem weergalm in die gange
van jou geskiedenis én toekoms
al is ek niemand van belang
ek stap die pad oop vir my nageslag
met my Afrikaner voete en
met my Afrikaanse stem
saam met my mede-Afrikaners
breek ek die kettings waarmee jy vasgebind word
ons práát jou los…dig jou los
ons ontweef die knellende bande
met ons prosa en ons verhale
ons sing vir jou wiegverse
wat boeie laat val
vir jou, my Afrikaans, dra ek met trots
as kroon op my blink hoof
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.