Liefde uit my tikmasjien
Liefde uit my Tikmasjien
Deur: Ryno du Plessis
Tik-tak gier, vloei die woorde, gedagtes dwaal uit alle oorde.
Vasgevang op papier, letters word woorde, woorde word sinne, verander in ’n storie van drome bewaar.
Geen klank om te vertel nie, nie eens kans om te bel nie.
Tuis daar waar huis is, verlore in spore, stilte sing in kore.
Daar in die verre lande lees jy my drome uit koeverte, alles op papier.
Tot die dag wat ons weer sal sien, tik ek ons drome— liefde uit my tikmasjien.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.