Jongste aktiwiteit:

Huisie op die Maan

Huisie op die Maan

Deur: Ryno du Plessis

Sterre skitter onder helder maan, kon ek tog net daarheen gaan.

Huisie in die hoek van ’n sekelmaan, daar moet my tuiste staan.

Die wêreld draai om ons wentelbaan, tyd staan stil, geen plan om te beraam.

Tussen sterrelig en hemelruim, kastele op wolke wat wegkwyn.

Sag glinster die groot ou maan, lees my drome asof hy verstaan.

Noem my maar die man op die maan, daar waar tyd vergaan.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed