Jongste aktiwiteit:

Blind wees

Vroeg in die morestond
met sonsopkoms
en die laaste sien van
die morester se verdwyning

kom gedagtes by my op
hoe ver het ons mens
gedaal na vlakke in
‘n wereld van ons eie

niksseggend kyk ons toe
hoe lewens afgebreek word
hoe ‘n land inmekaar tuimel
‘n volk uitgestoot word

op sy geboorte grond
in ander se kloue beland
hoe blind kon ons wees
om alles vir soetkoek op te eet

want met die blind wees
want ons oë nie gerig op God
en die toorn van God nooit aan gedink
besef ons helaas wat ‘n groot fout begaan

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed