Jongste aktiwiteit:

Kan jy onthou?

Ek wonder of
jy kan onthou
dat ons ligjare gelede gedans het
op die walms van die maan
lank voor skadu’s gate sou brand
deur ons gevleuelde drome;
toe ons vir ‘n oomblik
net na mekaar kon staar
terwyl ek sterre
probeer plant in jou oë.

Lank gelede, my engel
was jy d-a-a-r
as ek maar net
daardie oomblik
vir ewig kon bewaar.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed