Uithou in my are
Uithou in my are
Deur: Ryno du Plessis
Klappe kom uit alle oorde.
Modder bevlek; ek het geen meer woorde.
Byna verdrink in waters waar die lewe woed, nooit geleer hoe om dit te verhoed.
Ander het ’n lewe; ek spartel net om te kan bly lewe.
Mense lag, gesels oor hul dag.
Ek sit en wag by die punt van moeg geswoeg.
Snak na nog asem hier waar die donker wolke hang.
Bloed is dikker as water; aanhou is in my are.
Opgee is ’n opsie, maar bo bly ’n belofte.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.