Jongste aktiwiteit:

Sou jy net nog een keer kon…

Sou jy net nog een keer kon…

Deur: Ryno du Plessis

Vrae maal onseker rond, alles voel deurmekaar en bond.

Links of regs— waarheen moet my lewe lei?

Raad kon jy altyd gee, geglo: “Vertrou net op Hom.”

Maak nie saak wat die lewe sou bring, ek hoor jou nog sê: “Dit is nou vir jou ’n ding.”

Sou ek maar net nog een keer kon vra: waarheen moet ek my bagasie dra?

Sou jy maar net nog een keer kon— sou jy my help om hierdie keuse te dra?

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed