Sou gister se strate kon gesels
Sou Gister se Strate kon Gesels
Deur: Ryno du Plessis
Jou spore lê nog vars, asof jy gister nog hier was.
Aan tyd klou ons vas, herinneringe gebêre in die hart se kas.
Vandag loop ek self deur die strate van toe, onthou ’n lewe eens gelewe.
Nou is die strate en jou stem doodstil.
Sou die strate tog net kon gesels, het ek dalk vandag meer gehad om aan vas te hou.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.