Oom Spyt
Oom Spyt
Deur: Ryno du Plessis
Op sy gesig het hy sy laste gedra.
In sy waterblou oë kon jy sien hoe die lewe pla.
Al sou Oom Spyt nooit kla nie, was hy tog bang hy sou iemand pla.
Vat so bietjie tyd, gesels met Oom Spyt— sy stories sal jou ore laat tuit.
Ek vra vir Oom Spyt:
“Wat is dit wat so aan jou byt?” Stil en swaar antwoord hy met ’n egte rokersstem:
“My liewe kind, ek dra my naam. Hoeveel keer was jy al spyt oor die kanse wat jy wegsmyt?”
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.