Waar Was Jy al die Jare
Waar Was Jy al die Jare?
Klein het alles begin, tog groot moes ek leer.
So bang vir donderweer.
Kinders se tonge, so skerp, het die bene van my siel gebreek.
Saam speel en lekker lag het ek verruil vir alleen wees met speelgoed in my kas.
Vandag dra ek al ’n das, en wens ek, ek kon weer wees daar waar alleen my maatjie was.
Die lewe draai jou vas, oorlaai jou met nuwe laste.
Jy het groot geword, ek het oud geword.
Saam dra ons nou ons lewe in ’n tas.
Destyds was ek in jou, toe jy nog grootmens-besluite moes neem.
Vandag is jy weer tuis in my: die kind wat soms nog bang is, maar steeds moet kan lag.
Iewers vorentoe pak ons dalk saam weer ons tasse uit, daar waar die lewe wag voor die laaste dag ons kom haal.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.