Jongste aktiwiteit:

Vir pa

Brons

Vir Pa

 

My knieë is laag gebuig vandag

want in my hart groei woorde sag

Mag U hom vashou waar hy nou is

en mag U vrede sy hart vanaand sus

 

Mag sy dag se sorge van sy rug afgly

en mag dit reën waar sy skape wei.

Stuur die engelekoor om saam met hom te sing

en mag waar hy loop net voorspoed bring!

 

Mag hy daai ou vellies onder sy bed instoot

en kaalvoet oor die grasperk loop.

Mag sy ore doof bly vir die bure se twis

en sy hart vry bly van die duiwel se lus.

 

Laat hom hoor wat U in die nanag fluister

En laat hom nie vrees vir sy oudag se duister

Mag hy steeds lig loop in sy strate van goud

En mag hy jonk voel…al is hy hoe oud…

 

Want hy laat my sterk voel

Al is ek hoe swak

Hy laat my lag

Na ‘n moeilike dag!

 

Hy is my pa, my vriend

my trots!

Here mag U sy hande nooit los!

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak