Jongste aktiwiteit:

Geloof hoop liefde en die lewe

Geloof, Hoop, Liefde en die Lewe

Iewers het elkeen maar ‘n stukkie donker op hul pad.

Geluk kom kuier ook, soos die wiel draai.

Soms sien ons, maar kyk nie.

Hoor ons, maar luister nie.

Trap in dorings, wens vir skoene. Skop hulle weer uit en besluit: dit is nou klaar getrek.

Soms soek ons die punt in elke verhaal, maar hy kan ook verdwaal.

Geloof raak min, hoop staan in.

Die lewe loop op sy eie stoom.

Al is jy moeg, kom net saam.

Liefde is ‘n ander ding. Hy breek en bou, maar aan die einde is dit die kêrel wat alles omvou.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed