Jongste aktiwiteit:

Kgala*

plek van die groot dors
waar die duineveld bid
en die rooibruin duine van die woestyn
in netjiese rye soos knielende profete lê
in die raadsaal van die son
terwyl die wind jou naam skryf
in die dagboek van die sand

waar kameeldoringbome hul arms
geduldig uitsprei oor stilte
en elke gemsbokspoor jou vertel
van water wat net in nostalgie woon

waar horisonne van oneindigheid
aan die ewigheid klou
en arende uit die koepel-blou
met jou die ekologie praat

waar jy op jou hurke gaan sit
sodat jou siel jou liggaam kan inhaal
totdat jou hart die sand hoor fluister
dán … dan
verstaan jy waarom die Kalahari
Kgala — plek van die groot dors is
————-oooOooo—————–
©Pieter Mostert
(*Kgala is ’n Tswana woord wat “die groot dors” of “droë plek” beteken. Die streeknaam Kalahari, is van hierdie Tswana woord afgelei.
In hierdie gedig van my het ek gepoog om dié betekenis verder poëties uit te bou deur die fisiese dors van die woestyn as ’n geestelike dors voor te stel. Die streek, by name die Kalahari, word dus nie net ’n plek van droogte nie, maar ook ’n plek van nadenke en innerlike soeke. Hoop ek het in my doel geslaag).




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed