Ou liefde roes nooit
Ou Liefde Roes Nooit
Hy was iets en twintig, nog klam agter die ore.
Sy nog bloedjonk, pas klaar met skool.
By die basaar het hulle ontmoet, by die poedingtafel, kan hulle steeds vandag onthou.
Bruid van agt-en-sewentig, is sy geseënd, want aan haar sy staan haar gom al baie jare lank.
Sou hulle eendag nog kinders hê, sal dit wees wat die Vader wou hê.
Hier tussen êrens en nerens leef Hans en Griet dolgelukkig op hul hoewe.
Aartappels en blomme betaal die kospotte.
Grieta kry elke dag nog haar bossie blomme,
en Hans…
spog steeds oor sy vrou se tuisgebak.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.