Eggos ego steeds vandag by ou Jonas
Eggos eggo steeds vandag by ou Jonas
“Mies, daardie baas wat onse plaas wil koop, hy vra of onse plaas eggo.”
So praat die man wat al dekades lank werk by die De Mans van Stilkloof.
“Nee, Johannes, hier raas net die stilte. Hier hoor jy geen eggo nie.”
“Ma Mavrou!
Die gekko’s hulle sing baie hieso!”
“‘n Eggo is wanneer jy skree en die berge vir jou terugskree, Johannes, nie die gekko’s nie.”
Plan gemaak. Die plaas moet verkoop voor die man van die bank self nuwe somme maak.
“Mies sal skree, en Johannes moet maar net terugskree.”
“Johannes!”
“…Johannes!”
“Hallo!”
“…Hallo!”
“Kom haal jou brandewyn!”
“Dankie, Mevrou!Ek kom gou!”
Ons kan almal maar net raai dat daardie dag se koop wat vasgeval het, steeds in die stomme man se kop rond eggo.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.