Jongste aktiwiteit:

‘n Liefdeslied

Kom ons sing en dans, en huil en lag,
net ek en jy alleen in die grasveld;
daar waar gras golwend lê soos velt, (*)
staan die lelies op ons twee en wag.

Hulle wag net vir my en vir jou, vir ons,
om soos die son ons dag te kan verlig,
om liefde te help om sy taak te verrig;
die wind sing jubelend sy lied vir ons.

Dit is die simfonie van hierdie liefde,
wat deur jou en my saamgeflans is,
wat haat en nyd tussen ons uitwis,
want so moet dit wees, pure liefde.

Het jy al ooit die lelies so sien blom,
omhul met die somer se belofte, lewe;
sonder bitterheid om hulle te bederwe,
hul skoonheid laat tot die bye verstom.

Kyk na die pragtige bome, groot en groen,
gevul met die sap wat lewe vir hulle bring
sodat die voëls met blydskap vir hulle sing;
hulle pas bymekaar soos ‘n voet en skoen.

Ek speel nie rond met onsinnige woorde nie,
nee, ek bedoel elke woord wat ek sê vir jou;
my eer plaas ek op die spel, ek is lief vir jou,
jy is lewe, jy is vir my lig en liefde, hoop . . .;

Soos ‘n wynmaker nie met wyn speel nie,
speel ek nie met gevoelens nie, sowaar,
jou liefde is wat die lewe in my bewaar
sodat ek nie langs die pad verdwaal nie.

Wanneer ek alleen voel, en eensaam,
dan roep my wese na jou, na my liefde,
en wil ek jou besing met liefdesliedere;
jy is die een wat my bestaan beaam.

So wil ek hê moet dit vir ons twee wees,
dat ons dans en sing, vol liefde en geluk,
en ek vertrou Hy sal dit so vir ons beskik,
dat ons vir ewig gelukkig saam kan wees.

X X X

Jy het van my weg gegaan, my alleen gelaat,
en al stry ek met myself wyl my hart versmoor,
kan ek nog steeds jou stem in die nagte hoor;
oor my liefde vir jou het ek geen berou . . .

* velt, dit is ‘n soort materiaal.

Herskryf – 08/01/2017 © C. du Plessis
(‘n Liefdeslied 1977-07-29)




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed