Oom Martyn se Velskoene
Oom Martyn se Velskoene
Daar waar wiele nog moes wag, het sy ou velskoene al lank ‘n spoor getrap.
Effe krom bene, broek te groot, besig om te beduie— onthou ek sy beeld soos ‘n laaste foto.
Tjekknoopieshemp,altyd aan die uithang, met vingers vol gom.
“Oom Martyn, gooi tog weg daardie skoene. Geen plak sal hulle meer red nie.”
“My ou kind, hierdie skoene het my gelei en my van baie dorings en klippe behoed.
Ons het gedans, gewerk, en hulle was saam met my tot in die kerk.
Hierdie skoene sal ek plak tot al die gom opraak.
Daardie dag sal ek hulle begrawe soos ‘n broer.”
Al loer sy ou toon nog uit, stap hy voort met sy gelapte velskoene.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.