Boer van n ander dam
Boer van ‘n Ander Dam
Jonas boer op Kleinbegin.Familie grond al lewenslank.
‘n Bietjie lusern, patats en pampoen, ook groente, vrugte en soms waatlemoen.
Net voor ses wag hy vir die son om te ontwaak. Met ‘n koppie koffie in die hand groet hy sy hoenders en voersy perd.
Lank en maer, met ‘n lang grys baard en ‘n pyp in die mond.
Mode het vir Jonas ontwyk. Jeans, ‘n T-hemp en ‘n oorjas wat lyk of hy honderd jaar oud is.
‘n Skewe hek en ‘n donkie wat water stook, is al jare deel van Kleinbegin.
Lag en vriendelik groet, dis hoe ons vir Jonas ken.
Hy leen graag ‘n hand vir bure en vir dié wat kort.
Sou jy vir Jonas oor sy buurman vra, skud hy sy kop en sê:
“‘n Heiningdraad wat skop. In kakie opgetof. Die boer lyk sommer bang vir stof.
Hier op Kleinbegin ken ons van harde werk. Ons sit nie agter die stuur en roep vir die werk.
Daardie boer… is van ‘n ander dam.”
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.