Ou Bitter Koos
Ou Bitter Koos
Hy was sestig, maar die lewe het hom gou oud gemaak.
Kort van postuur, met net ‘n paar hare op sy kop gesaai.
Koos het geen vrou of kinders nie. Net sy hond en ‘n kraai.
Hy woon in ‘n gehuggie doer op die bult.
Ou Koos kon behoorlik kla en teem.
Met sy buie kon hy ‘n mens uitput.
Eens ‘n goeie siel wat kon lag en die wêreld versit.
Iewers moes die lewe vir ou Koos teëgesit het.
Diep daar binne, in sy hart, skuil ‘n besonderse kosbare mens.
Hy help graag waar hy kan, al moes hy eers by homself gaan kla.
Sou ou Koos se grootste vyand hom net wou los… daardie saadjie in sy kop wat alles verkeerd laat groei.
Al was sy droom ‘n groot gesin, sit hy vandag op sy stoep, ‘n sigaret in die hand, en besin oor die lewe.
Wanneer die son gaan sak, is ‘n knertsie brandewyn genoeg om sy gemoed te bedaar.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.