nog
hoe ouer mens word
hoe meer raak jy bewus
bewus van jou omgewing
mense en diere staan uit
plekke wat jy besoek
om oud te wees
is ‘n besondere voorreg
eers smag jy as kind om groot te word
dan klae jy as mens dat die tyd verby vlieg
dan besef jy die tyd raak min
uitnemend is dié wat tagtig bereik
meeste van die bome om my het reeds geval
van vroeg af het ek hulle sien val en verdwyn
eers blare afgegooi en dan takke tot stam
met ’n stille slag neergestort het
elke nuwe dag is een met ’n boodskap
jy lewe – jy is nog hier – jy asem nog in en uit
die son het weer opgekom en jy voel dankbaar
al skuil die sonstrale agter digte miswolke
die dag het gebreek op jou nuwe dag
waar daar lewe is, bly daar hoop
nie omdat jy nooit gaan sterf nie
hoop op die ewige lewe
wat slegs uit genade
vir jou wag
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.