Jongste aktiwiteit:

Vier susters van 4de straat

Vier susters van 4de straat

Mens sou dink hulle is almal op dieselfde dag gebore. Lyk op ’n haar na mekaar.

Bak en brou ken hulle goed. Hul trek soms resepte uit hul hoed.

Naaldwerk op die stoep, met ’n koppie rooibostee, bespreek hulle die hele dorp se wee.

Nooit was een van hulle ooit getroud. Dit was glo hul behoud om goed oud te word.

Elke dag sit hul opgedollie in hul beste klere, met goeie rede. Op sewentig en meer kan jy die einde nie meer keer. Op hul beste wil hul lyk, sou die horlosie tik en sê: Dit is nou jou tyd.

Wanneer jy in 4de straat sou dwaal, stap jy resies teen jouself. Met die hoop jy het die voorblad van huis 33 se tonge vrygespring.

Wanneer daardie hoede eers skeef draai en die koppies lig, dan kan jy maar weet: môre is jy die nuusberig.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed