Lady Ann
Lady Ann
Ouderdom kon haar nie pootjie nie. Vir haar was dit net ‘n nommer.
Niks in hierdie lewe kon vir Lady Ann kommer bring nie, behalwe sou jy haar tannie noem.
Van styl het sy gehou. Party sou hul koppe draai, en die tannies met krimpelienrokke sou agter hul hande praat.
Met ‘n glas wyn in die hand kan sy lekker lag. Hoë spykerhakke en ‘n serpie om die nek… vermoedelik om die plooitjies te bedek.
Hare losgedoen, stap sy steeds soos jong Maisie. Om veilig te wees, moet nooit probeer haar ouderdom uitwys nie.
Al wou sy vreeslik graag Engels wees, het almal haar maar gelos met haar eie senuwees.
Al kom sy oorspronklik van die Kliprand, is ou Lady Ann alles behalwe doodgewoon.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.