Korale van moederliefde
in die ooptes van die velde
waar ribbokke vry kan wei
tortel jou koesterwoorde
teer deur die gange van my hart
met die krag van geloof
aan moedersknie geleer
loop ek ‘n stormbende plat
word my tafels met olie gesalf
en Vrede bedrup my lewenspad
meer suiwer as diepsee korale
kosbaarder as perels, is die kyk in jou oë
as jy vir my berge wil versit
welgeluksalig wandel ek met jou voorbeeld
op God’s pad word my liefhêdade nimmer moeg nie
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
baie goed gedoen, Anze :-)