‘n Psalm vir my ma
‘n Psalm vir my ma
Ma, die woorde uit jou mond
is altyd soet – soos die fynste suiker,
soos heuning – elke gedagte uit jou hart.
Al swerf ek oor die hele aarde heen,
al sou ek elke huis en ruimte verken –
nêrens sal ek jou gelyke vind nie.
Want jy is soos ‘n veldblom met geurige nektar
geurig is jy, soos heide – wat nimmer verwelk.
Jou stem is teer en klank net liefde –
soos sagte liefde klink dit as jy praat.
Ma, die woorde uit jou hart
is soet – soos fynbos heuning,
soos fyn wit suiker
is al die woorde uit jou mond.
© Carma Shaw
9 Mei 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek