Leen my jou hart nog net vir n rukkie
Leen my jou hart nog net vir ‘n rukkie
‘n Lewe saam met jou het ek gebou.
Nie juis ‘n kasteel nie, maar iets waarvan ons albei hou.
Ek hou van jou, nie omdat jy mooi is nie,
maar omdat jou menswees straal.
Nie omdat jy ryk is nie,
want jou hart is vol van dit wat tel.
Sou liefde eers gaan rus,
kom help respek ons vure blus.
Leen my jou hart nog net vir so ‘n rukkie,
of dalk tot die dag van môre
wanneer die ewigheid een van ons kom haal.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.