Dankie liewe Heer
Dankie, liewe Heer
Liewe Vader, Geel staan die gras, die dam is leeg.
Lande smeek vir genadewater. Diere hoop vir ‘n slukkie krag.
Dankie vir U belofte dat ons nooit sal vergaan. U hand bewaar elke dag ons graan.
Dankie, Vader, vir die bietjie water en dankie ook vir die wind wat die windpomp laat draai.
Seën ons, Vader, en die vyand met so ‘n bietjie meer, sodat afguns nie hier soos onkruid kan oorneem nie.
Seën ons met ‘n stukkie brood. Vir alles meer sal ons U altyd eer.
Amen.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.