Jongste aktiwiteit:

Bella die reeks moordenaar

 

 

Sy rys op teen die reelings van die balkon. Die galgtou – slap in haar handpalms.

Ek herken die tou…

image.png

Ek het dit eendag raakgesien toe ek by die nuwe skool die klasdeur agter my toemaak.

‘n Galgtou in die Wetenskap laboratorium?

My keel krap.

“Juffrou Vermootten?…”

Ek skat haar diep in die sestig. Sy gee Natuurwetenskappe.

Sy het nie ‘n SACE-nommer nie.

My arms hang in vraagstukke langs my sye.

Ek het altyd gewonder oor die galgtou.

Woes alleen en vreemd het ‘n kaleidoskoop scenarios destyds nesgeskop in my weggesteekte sielskamers.

Scenarios van leerkragte wat nerfaf gedien in asemnood ‘n ander uitweg soek. Leerkragte wat vermoeid bly soog aan die ruïnes van hul roeping. Bela is ‘n galgegrap.

Vol medelye gaan my hart uit na hom wat sy roeping betwyfel. Het ek dan nie onlangs water uit dieselfde put gedrink nie? Het die galgtou van my loopbaan nie ook styf aan my strot getrek nie?

Wys my ‘n ervare leerkrag sonder ‘n galgtou om sy nek en ek spring self van die balkon af. Bela blaas in elke leerkrag se nek.

Is die galgtou agter my deur dalk ‘n stil getuienis van Bela se krag?

Dalk maak die galgtou gogga net die babas bang. Ek lag tong in die kies. ‘n Meer doeltreffende afskrikmiddel kry jy virseker nie! Ek wis hoeveel vroom gesiggies ek in my loopbaan met plesier sou wurg. Ek droom hoe ek eiehandig die galgtou van die haak afhaal en – met liefde en heel professioneel – die vroom nekkies behang. My siel steier orent. Bela wurg my en ek haal bietjies-bietjies asem.

Daar was ‘n nota onder ‘n spoelklip op my lessenaar.

image.png

Dit het my laat wonder..

Wie is Jordynne? Miskien moet ek eerder vra wie Jordynne …was? Het Bela ook hóm laat swik onder die gewig van sy geregtigheid?

Later het juffrou Vermootten met my gepráát. Oor Jordynne. Oor die galgtou agter my klasdeur.

Ek wonder nie meer nie. Bela, jou reeksmoordenaar!

 

Toe spring juffrou Vermootten van die derde verdieping af.

Die juffrou sonder SACE-nommer.

En Bela lag in sy mou…




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed