aptyt
die hart
is die setel
van emosie
versaak hy jou
is dit asof sy aptyt
vir alles begin vervaag
soms kloppende gespook
om nie die kluts kwyt te raak
soms rustige stelselmatige
berusting by sy ewige lot
sprankelende skoonheid
prikkels van sy stroom
aptytwekker
van ‘n droom
wat die lus
om te leef
weer
aanwakker
in metronoom
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.