Jongste aktiwiteit:

Dit is tyd vir opgee

Dit is tyd vir opgee…

 

Harde bene het hierdie lewe jou al laat kou.

 

Oorloë het jy geveg, omgeval en voortgeveg. Soms gewen, soms verloor.

 

Moeg het jou aan die hand kom vat en gesê: alles is reg, gee maar op.

 

Nou is die beste tyd om net te laat gaan, gee op op dit wat jou laat vergaan.

 

Gee op op opgee, staan vas in dit wat die lewe vir jou gee.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed