Jongste aktiwiteit:

anna pan

 

 

die hand wat saai, die moeë rug wat buig

bring uit die aarde ryp en goue graan

die mond wat proe, die siel wat stil getuig

wanneer die brood ‘n moeë hart vermaan

 

een koel bak water uit die diepte gehaal

les elk se dors en was stowwerige spoor

ons sit saam in laaste sonstrale se draal,

vind die pad wat ons so amper kon verloor

 

die geur van brood wat deur kamers sweef

die rooi van wyn wat in die glas stil gloei

die sagte deeg wat aan my vingers kleef—

is diepste dank wat deur my are vloei

 

geen koue gees kan hierdie krag bevat

breek die brood en stap op mens se pad

 

© Tearlach.

(“anna pan” (of anna-pāna in Sanskrit) beteken letterlik “kos en drank” of “voedsel en water”.)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed