Jongste aktiwiteit:

Bella Donna

Bella Donna©

Bella Donna, lelie van die laatsomer,
kastanjetklokkies in karmynrooi,
jou groen, blaarlose stam, ‘n stingelfluit.
Bella Donna, jy maak van my ‘n dromer
as jy jou ook in sneeuwit en rosepienk tooi.
Amaryllis roep haar skape steeds luid.
Bella Donna, jy is die naakte dame
sonder Eva se blare wanneer jy verskyn,
want die blare groei lank nadat jou blom verdwyn.
Bella Donna, mooi lelie, maar giftig
as jou bol sy vuis oopmaak, driftig,
en die Weskaap versier met kleurvolle klokkies.
Bella Donna, jy bloos in die laat Maart-gloed,
jy staan kaal in droë, dowwe grond,
maar jou gif lê stil soos ‘n slang in jou bloed.
Bella Donna, regop soos Amaryllis se staf,
jou klokkies wat kleurvol wieg in die wind,
en die laatsomer ken jou naam as herderskind.
Swerwerskruik, ‘n pot vol gedigte©
Jaco Engelbrecht, 2026



Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed