EK KEN
Ek ken ‘n woordeboek se skrywer
sy voornaam AFRIKAANS en sy van MY TAAL
Hy woon in hartskamers van die Kaap tot in Transvaal
en stook die vonke van ‘n ou kombuistaal
tot suiwer Afrikaans
Die woordeboek se smeltery spat suiwer letters
van Namakwaland tot in die Baai
waar skrywers bakhand staan
om neer te pen die liefde vir ons taal
Ek ken ‘n woordeboek se skrywer
sy voornaam AFRIKAANS en sy van MY TAAL
2 Kommentare
-

Ronel Janse van Vuuren
Ouilik :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek