Jongste aktiwiteit:

Oumense en Elfies

Die houtvuurtjie knetter om stories te hoor
en ons sit al klaar in ons drome verloor
om grootoog met muisoortjies te luister
wat Oupa se elfies saans vir hom fluister!

En Oupa vertel van die Son en die Maan
en van elfies wat ook maar eendag doodgaan…
Maar Oupa se stories sê darem bý
Oupa en Ouma is só lief vir my!

Geweet dat Oupa na sewentig loop
en stééds plaas hy áltyd op Jesus sy hoop?
Want hy’t self gesê met Jesus by hom
kan wind, kan hael selfs die duiwel maar kom!

‘Stories is stories’ sê hy elke keer.
‘Stories is ook om ’n lessie te leer,
want stories wat in jul hartsakkies pas,
knoop julle mos hegter aan Jesus self vas!’

‘Maar… as Oupa en Ouma eendag doodgaan?’

‘Wéét dan kabouters, ons werk is gedaan;
ons hét probeer jul die Heilsweg te baan.’

(En ek bid: ‘Gee God dat hul ook dit sal verstaan…’)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed