Winde van verandering
Gister het die masker jou gefaal,
wegkruip kan jy nou nie meer nie,
ons toekoms is in die weegskaal,
jou oë kan onmoontlik nie lieg nie!
Dis liefde wat openlik daaruit straal,
ek kan my nie langer blind hou nie,
want die boodskap wat dit uitstraal:
“ons is nie net sommer maters nie!”
Ons het in die winternag verdwaal
waar somerson en vrede nie is nie,
maar werklikheid praat sy eie taal,
ons moet dit nie meer ignoreer nie!
Tussen ons twee is iets spesiaal
en saam kan ons nie wankel nie!
Ek kom binnekort om jou te haal
want alleen kan ons nie meer nie!
Wanneer ek kom, om jou te haal,
sal diepe waters my nie keer nie,
saam kan ons ‘n toekoms bepaal,
waar daar nie twis en haat is nie!
* * * * * * *
Die boodskap:
Jou oë kan onmoontlik nie lieg nie,
“Ons is nie net sommer maters nie!”
Ons moet dit nie meer ignoreer nie,
want alleen kan ons nie meer nie,
waar daar net twis en haat is nie!
26/09/2016 © C. du Plessis
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Casper sekerlik een van jou roerendste werke ooit