Jongste aktiwiteit:

Aangetrokke

met eerste beweging
skiet momentum voortwaarts
spier en brein in harmonie
kind fietsry kuns word
automaties gechoreografeer
in ń lewende skildery

ystertande byt punte
blink geolie deur kettinggate
in meganiese oordrag
van spier trap sweet
na flitsende speke
in rollende bande

die instrument van staal
is direk reaktief
op my spierkrag
die energie pomp die dun bande
van die martelpyp
vervlek met ontwerpers plakkers

onbewus trap
die gier my binne
vir die trap en sweet genot
my verroeste kettings sal weer blink
ek kan nie wag vir die wegspring
waar ek komberslui lê




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed