Jongste aktiwiteit:

Bosveldhart

Bosveldhart

die week is verby dis Vrydagaand
ek laai in my Ford se bak
my hond my kat en my raasbek pappegaai

na die tweede tolhek volg ek die draai
na Toeka vir so ietsie om te braai
bruinpapiersak van die rak
met die laaste plaasgebakte brood
nou kort ek nog net ‘n slaai

ek koes-koes verby elke gat op die enkelpad
tot waar die Groot Nylsoog draai

rooigeel skemer horison
sinkplaatpad en stink vaalboom
groet my voor ek nog by my plaashek kom
en ek voel tuis
by my bosveldhuis

Magda van der Walt
Kopiereg
2024-03-13




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak